Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Herfs" deur MARLISE JOUBERT
"Herfs" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #19611] Thu, 10 December 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2172
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
HERFS
-marlise joubert-

skryf vir my 'n geel gedig liefste
want my lessenaar is bibberend koud
leeg van baie min woorde oor baie dae
en dis herfserig in al die strate o skryf
liefste van lemoene in ons onkruidtuin
eiergeel en dragtig aan drie klein boompies
vergeet nie die flakkerende dam geel
van die populierbos by nieu-bethesda nie
die oranje lampies van ons dadelboom
die pomelo's en suurlemoentjies
gesond gesoen met reën

en vertel my dan weer
dat jy my liefhet
glansend solied soos 'n geelhoutkas
vertel my weer as die lug geelkoper kleur
en jou sagte oë die lig weerkaats
vertel van alles voordat al die goue geel
droogwit blare strooi oor die kop
Vorige onderwerp: "Troue" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Eerste Nag" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Jan 16 10:02:24 UTC 2025